N.G.-Oos vier hul 50ste bestaansjaar

Die gemeenskap uitgenooi om saam met hulle God se goedheid te vier.

Die N.G. Pietersburg-Oos vier vanjaar hul 50ste bestaansjaar en nooi die gemeenskap uit om Sondag, 20 Augustus saam met hulle God se goedheid te vier.

“Ons vieringsgeleentheid vind plaas om 09:00 tydens ons erediens wanneer ons saam met die bekende sanger, Jannie Moolman, 50 jaar van God se genade, goedheid en dankbaarheid vier,” sê ds. Tjaart Meyer, leraar van die gemeente. “Wat veral ons vierings rig is die bekende teks in Klaagliedere 3:21-24 (aangepas na die meervoud): “Maar dit sal ons ter harte neem en om dié rede bly ons hoop: deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut. U trou is groot. Ons sê vir onsself: Die Here is ons lewe, daarom hoop ons op Hom!”. Die bekende woorde van John Bradford (ook aangepas na die meervoud) het vir ons ook ‘n diep betekenis gekry: “There, but for the grace of God, go we!”.

“Oos-gemeente is, leef en bestaan danksy die liefde en die genade van God. Ons wil al ons lidmate, gewese lidmate en alle ander vriende uitnooi na hierdie spesiale geleentheid. Jy is welkom!”

NG-Oos gemeente se kerkgebou is te Betzstraat 97, Capricorn, Polokwane.

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Driekuns vir HPP se ysters

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Capricorn Review
Review Online


Your details:


Your friends: