Limpopo Supersterre 2017 ‘n spogspel

Dit is weer tyd vir die jaarlikse Limpopo Supersterre Skouspel wat op 15 en 16 September by die Taberna Dei Oos-kampus gaan plaasvind.

POLOKWANE – Tydens hierdie glansgeleentheid sal kunstenaars soos Mia Louw, Anneke Serfontein en Mischa Becker op die verhoog te sien wees. Curro Heuwelkruin se juniorkoor, en kamerkoor, asook Mitchell House se koor sal ook hul verskyning op die verhoog maak.

Die eienaars van Coastal Radio, Martin en Christelle Nel, woon ook die Saterdag vertoning by waartydens hulle ‘n lewendige uitsending sal voer. Ander plaaslike kunstenaars wat gaan optree is Jan en Daleen Curtain, Rentia Grobler, Leoné en Taylor Smith.

Jouney-Anne Steenkamp se dansers van Universe of Rhythm and Dance gaan ook optree. Daar is nog verskeie ander plaaslike kunstenaars wat ook gedurende dié twee uur lange optrede te sien sal wees.

Die Limpopo Supersterre word aangebied deur Rock Hard Music School en JP Duvenage, eienaar van dié musiekskool vertel dat daar baie beplanning in die projek ingaan.

“Ek het ook vir Denny Lalouette en Vinnie Henrico gekry om onderskeidelik kitaar (bas) en dromme te kom speel. Michael Few, ‘n dromspeler en Muurprop sal ook te sien wees. Dit beloof om ‘n spog aand te wees,” vertel Duvenage.

Kaartjies kos R100 per persoon.

Vir meer inligting, kontak JP by 73 604 6737.

[email protected]

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Limpopo pleased with two clean audits

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Capricorn Review
Review Online


Your details:


Your friends: