Die luukse nuwigheid by Park Hotel Mokopane

Die splinternuwe Champ's Restaurant.

MOKOPANE – Hier in die hartjie van Mokopane hou die hotel sy deure sedert 1984 oop en sorg die hotel se bestuur en personeel vir net die beste ervaring wanneer gaste vir ‘n luukse oornagverblyf of vir ‘n heerlike aansitete kom aanklop.

Die bestuur het op ‘n noodsaaklike opgradering besluit en daar is ingespring om 104 van die 129 en-suite kamers elk ‘n unieke styl te gee. Die badkamers is ook opgeknap en die hotel is nou rolstoelvriendelik.

Die kroegstoep is in die nuwe Champ’s Restaurant omskep. Die Terrace Restaurant se sitkamer is ook oorgedoen en spog nou met ‘n moderne binneversiering en meubels.

Die toegeruste gimnasium.

Die restaurant se kombuis is vernuwe en die konferensiekamers vergroot en verbeter. Selfs ‘n gimnasium met die nodige oefentoerusting en ‘n balkon is nou vir die gaste, wat nie van hul oefenroetine wil afwyk nie, beskikbaar.

Champ’s Restaurant en Terrace Restaurant kan saam 180 gaste bedien, terwyl die agt konferensievertrekke vir 10 tot 400 gaste voorsiening maak.

Die elegant versierde sitkamer.

Enige funksie wat insluit verjaarsdagpartytjies, herdenkings, private funksies, ooievaarsteë en besigheidskonferensies tot troues kan hier gehou word. Die knap personeel staan gereed om puik diens te lewer.

Binne die konferensiesale is daar splinternuwe tegnologie, asook kragopwekkers wat tydens kragonderbrekings nuttig te pas sal kom.

Champ’s Restaurant, wat plek vir 50 gaste het en slegs aandetes voorsien, bied ‘n volledige á la carte spyskaart met smullekker geregte soos pasta, vis en hoender. Daar is vir die soettand heerlike nageregte en ‘n verskeidenheid drankies van vars sap tot ingevoerde wyne. Gaste kan vanaf 18:00 tot 22:00 aandete hier geniet.

Pierre Schalkwyk, Algemene Bestuurder, sê die opgradering het tyd en geld gekos, maar was die moeite werd. “Ons beplan om so gou moontlik ook die ontvangsarea opteknap. Die nuwe styl en atmosfeer wat ons geskep het, sluit talle natuurlike lig in wat ‘n warmer gevoel uitbeeld.”

Die hotelbestuur en personeel nooi inwoners en kliënte uit om die heerlike kos in die splinternuwe restaurant op die proef te stel of plek te bespreek in die luukse hotelkamers.

Vir meer inligting kontak die Park Hotel by (015) 491 3101.

[email protected]

  AUTHOR
Bosveld Review Online

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Hope crosses all terrains with Land Rover Mokopane

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Capricorn Review
Review Online


Your details:


Your friends: