Jong dokter vestig homself in Mokopane

Dr. Adriaan Briel sien uit daarna om sy passie vir medies by dr. Jimmy van den Berg se praktyk te beoefen.

MOKOPANE – Briel se ouers is die wel-bekende At en Corlet Briel.

Briel, ‘n oud-skolier van Laerskool Krugerpark en matrikulant van die Afrikaanse Hoër Seunsskool in Pretoria, het hierdie maand by Van den Berg se praktyk aangesluit.

Tydens ‘n onderhoud met Bosveld vertel dié beskeie jong dokter dat hy tot en met gr. 11 onseker was wat hy wou studeer en hy het aanvanklik ‘n ingenieursrigting oorweeg.

“Die onsekerheid het gemaak dat ek vakansietye by verskillende mediese praktyke gaan werk het. Ek het by tandartse, fisioterapeute en ook by dr. Jimmy van den Berg, wat ons huisdokter is, gewerk.”

Met aanmoediging van Van den Berg het Briel besluit om in die mediese rigting te studeer.

“Tot vandag toe glo ek dit was ‘n tree in die regte rigting en ek is dankbaar teenoor hom vir sy aanmoediging en bystand.”

Met die vraag oor wat die toekoms vir hom inhou sê Briel hy wil net eers sy voete vind.

“Ek sal later besluit of ek verder wil studeer maar op hierdie stadium is my belangstelling algemene praktisering en om 25 Augustus ewig trou aan my pragtige verloofde, Kyla Toet, ‘n radiografis, te beloof.”

Briel het sy studies in 2014 by Sefako Makgatho Health Sciences University voltooi en sy internskap in 2016 voltooi. Hy het verlede jaar sy gemeenskapsjaar by Matlala Hospitaal in Marble Hall voltooi.

[email protected]

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

  AUTHOR
Mariëtte Roos
Journalist (Bosveld Review)

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
#KnowYourCosafaCupCountries: Madagascar

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Capricorn Review
Review Online


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Capricorn Review
Review Online

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: