75 jaar massa-reünie vir oud HPP-leerders

Alex Pickering en Jan Vorster gesels lekker om 'n braaivleisvuur.

MOKOPANE – Om 11:00 is die skoolklok gelui en almal het aangemeld vir opening waar Pastoor Martin Ferreira (‘n oud-leerder van HPP) ‘n boodskap gelewer het.

Jimmy Steele, Skoolhoof, het ook vir ‘n minuut stilte gevra vir alle oud-leerders en personeel wat gedurende die afgelope 75 jaar oorlede is.

Jas Hansen, Skoolhoof van 2005 tot 2015, het ‘n kers aangesteek ter nagedagtenis, terwyl die “Last Tapto” op trompet gespeel is deur Cobus Bekker (Voorsitter van die Beheerliggaam).

Hannes Oosthuizen (onderwyser), Jas Hansen (oud-skoolhoof), Doepie du Plessis (oud-personeellid), Dawie Muller (oud-personeellid), Willie Botha en Albie Botha (oud-personeellede) sing die skoollied.

Carools Reinecke (seun van ‘n oud-skoolhoof, Reyneke (1947 – 1960) het ook ‘n paar staaltjies van sy oorlede pa met die gehoor gedeel.

Hy het die huldeblyk wat in 1960 deur die beheerliggaam en ouers aan sy pa geskenk is, aan die skool oorhandig.

Carools Reinecke (seun van Skoolhoof, mnr. Reyneke (1947 – 1960) oorhandig die huldeblyk wat in 1960 deur die beheerliggaam en ouers aan sy pa geskenk is, aan Jimmy Steele.

Daarna is die 75-jarige gedenkembleem, geskenk deur die 1997-matrieks en stigterslede van die Bond van Oud-Potties, deur Steele en Bekker onthul en dit pryk pragtig teen die noordelike muur van die skoolsaal.

Die 75-jarige embleem pronk groot teen die skool se muur.

Daar is ‘n draai gemaak in die hoof se kantoor vir die wat dalk baie tyd daar spandeer het op skool en ook vir diegene wat dalk nooit die ‘voorreg’ gehad het nie. Die gaste is daarna na die Strelitzia Restaurant waar hulle oor ‘n koppie koffie gekuier en stories uitgeruil het.

Om 15:00 het die eerste rugbywedstryd afgeskop tussen HPP Old Boys en Potties Dorp se B-spanne.

Hardus de Beer, oud-leerder van HPP hol met die bal.

Potties Dorp het die wedstryd gewen.

Om 16:00 het HPP Old Boys en Potties Dorp se A-spanne mekaar die stryd aangesê terwyl die reën geval het. Die wedstryd moes ongelukkig gestop word weens die swaar weer, maar HPP Old Boys het as wenners uit die stryd getree omdat hulle die enigste drie van die wedstryd aangeteken het.

‘n Gesellige braai is gehou en almal het tot laataand in die Pierneefsaal gekuier.

Die skool bedank elkeen wat die dag saam met hulle meegemaak het en sê dat die 75-jarige gedenkalbum teen R100 by die skool te koop is.

Die oomblikke is op kamera deur Bosveld en Helena Kockott vasgevang.

[email protected]

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

  AUTHOR
Lionél van Wyk
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Capricorn Review
Review Online


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Capricorn Review
Review Online

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: