Nuwe swembad vir Hoërskool Piet Pot

Awie Hattingh van Tuks Mokopane Swemklub en Jimmy Steele, Skoolhoof van HPP, tydens die sooispitseremonie. Inlas: Opgewonde oor 'n blink nuwe swembad vir HPP. Hier is Edward Nel, Edwill Glover, Yolanda Tiersma, Elna Sinclair, Jimmy Steele en Awie Hattingh. Agter is Jaco van der Wateren en Werner Kraft.

MOKOPANE – ‘n Splinternuwe  swembad wat onder meer gebruik sal word vir provinsiale galas gaan binnekort ‘n werklikheid word wanneer bouwerk by Hoërskool Piet Potgieter begin.

Die swembad van Piet Pot is al ‘n geruime tyd buite werking en daar word nou opgewonde uitgesien na ‘n blink nuwe bad waar die skool se swemmers kans sal kry om in skool-, klub- en provinsiale galas teen mekaar mee te ding.

Die huidige swembad sal herstel word tot ‘n pragtige nuwe 25 m x 13,5 x 6 baan sement swembad. Benewens verhitting, sal daar ook netjiese pawiljoene en afdakke opgerig word.

HPP is bekend vir sy top swemmers wat deur Awie Hattingh van die swemklub afgerig word.

Die skool het die afgelope nege jaar koning gekraai tydens die sweminterhoër met Hattingh as afrigter. Die swemmers moes egter vir lank sonder ‘n eie swembad klaarkom.

Tuks Mokpane Swemklub se ouers het hulle hande diep in hulle sakke gesteek, ingespring en borge gesoek en is steeds fluks daarmee besig om hierdie groot droom te verwesenlik. Indien daar besighede of mense is wat betrokke wil raak, kan hulle gerus die swemklub by 082 856 1678 skakel.

[email protected]

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

  AUTHOR
Charmaine Lourens
Editor - Bosveld Review

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Van Zyl murder: accused remanded in custody