PHS revue volgende week op die planke

POLOKWANE – Alhoewel die afstel van die KIA Rugbyfees vanjaar ‘n leemte laat beloof die revue om ‘n wonderlike troosprys te wees wat nie sal teleurstel nie.

Kaartjies vir die aandvertonings is soos vorige jare bespreekte plekke dus word daar gevra dat kaartjies vroegtydig bespreek word om teleurstelling te vermy. Kaartjies vir die revue kan by die skool se finansiekantoor gekoop word; kaartjies vir die gala-aand kan by Elmari Craig bespreek word.

PHS Skakelbeampte, Anna-Marié Schoeman sê daar is nog ‘n beperkte hoeveelheid gallery-kaartjies vir die gala-aand beskikbaar teen R100 per kaartjie en sluit ‘n vingerete in.

Die datums van die vertonings is:

• Maandag, 11 September om 15:00 vir Laerskole en Gr 8 en 9 leerders teen R30.

• Maandag, 11 September om 18:30 vir Gr 10 tot 12 leerders en ouers teen R60.

• Dinsdag, 12 September om 15:00 teen R30 per kaartjie, gratis vir bejaardes.

• Dinsdag, 12 September om 18:30 vir Gr 10 tot 12 leerders en ouers teen R60.

• Woensdag, 13 September om 18:30 vir ouers teen R60.

• Donderdag, 14 September is die gala-aand om 18:30. Tafels beskikbaar teen R150 per persoon (reeds uitverkoop). Gallerykaartjies teen R100 per persoon (vingerete ingesluit).

Die kaartjies vir vertonings is nou beskikbaar by die skool. Alle navrae rakende die gala-aand kan aan Elmari Craig gerig word by 082 555 3599 of (015) 297 3201.

[email protected]

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

  AUTHOR
Riana Joubert
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
[HOOGTEPUNTE] PHS revue op die planke