Tommies ry Tour de Plaas

Tom Naudé se fietsryers wat aan Tour de Plaas deelgeneem het. Hier is Suné Reyneke, Hanno Bester, Sydney Lawerence, A.J. Burger, Schalk Jansen van Rensburg en Harry Strauss (spanbestuurder). Foto: Verskaf

POLOKWANE – Vyf fietsryers van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé het tydens dié uitdagende roete die wiele laat sing en het hulle staal moes wys met talle moeilike op- en afdraandes. Hulle het almal in hul verskeie ouderdomsgroepe die wedstryd voltooi.

Hul spanbestuurder, Harry Strauss, vertel hy is trots op die span en hul prestasie.

“Hulle behaal ongelukkig nie die podium nie, maar word elk beloon met ‘n medalje vir deelname.

“Ons is trots op hul prestasies en die uithouvermoë wat hulle gehad het.”

[email protected]

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

  AUTHOR
Maretha Swanepoel
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Cappies girls break soccer mould