PHS eindstryd geskiedenis

Johanco van Niekerk maak 'n duikslag tydens die eindwedstryd tussen PHS en Hoërskool Zwartkop.

POLOKWANE – Die Mauritz Hansen Rugbyweek, beter bekend as die Hansieweek, het van 4 tot 8 April in Mookgophong plaasgevind. PHS se o/14-span het in die eindwedstryd teen Hoërskool Zwartkop te staan gekom en alhoewel hulle as naaswenners uit die stryd getree het, was dit die eerste keer dat een van PHS se spanne die eindwedstryd gehaal het.

Edia Fouché, een van die ouers wie die wedstryd gaan ondersteun het, het aan Review vertel dat die dag baie opwindend was.

“Dit was baie lekker om die seuns te kan ondersteun. Ons het saam met hulle geskree elke tree van die wedstryd.

“Die gees was ongelooflik al het PHS nie gewen nie,” het sy gesê.

[email protected]

  AUTHOR
Riana Joubert
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
[FOTO’S] Vriendelike kompetisie op Tommies se velde