Groot pret vir Erica-jongspan

Ariana Nel voltooi haar roete al singend om die hindernisbaan.

POLOKWANE – Oud en jonk het die afgelope naweek by die sportvelde van Oosskool gaan kuier tydens Erica Pre-Primêre Kleuterskool se familiedag en Erica Atletiek- en Pretloopbyeenkoms.

Een vir een pak die kleuters van Erica Kleuterskool die ‘hindernisbane’.

Die dag is afgeskop met ‘n 5 en 10 km pretloop.

Die 10 km hardlopers spring weg tydens Erica Kleuterskool se pretloop.

Die funksie word jaarliks gehou tydens die kleuteratletiek om te dien as geldinsamelingsgeleentheid vir die skool.

Die skattige trompoppies van Erica Kleuterskool vermaak die ouers en toeskouers tydens die afskop van die Kleuter atletiek dag.

Volgens die hoof van die skool, Monja Groenewald, was die dag ‘n reuse sukses. Hulle bedank graag almal die mense wat hul ondersteun het vir al die liefde vir die skool en die ondersteuning wat die skool nie net op spesiale dae soos dié geniet nie, maar ook deur die loop van die jaar.

ria[email protected]

  AUTHOR
Riana Joubert
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Learners regale in Pemps’ 85th birthday celebration