Smul en kuier heerlik saam by Boerebasaar

Die AP Kerk Potgietersrus op die hoek van JG Strydom en Pretoriusstraat nooi almal uit om hulle Boerebasaar Van Toeka tot Nou op 20 Mei te besoek.

Daar gaan heerlike vars plaasprokute, gebak en gebottel wees en iets vir die soettand terwyl kinders trakteer word met kindervermaak, asook kuns vars van die doek en ‘n vleismark met van die beste snitte reg vir die kole.
Altesaam 15 beeste word geslag vir die geleentheid en daar sal kaartgeriewe beskikbaar wees. Kom koop jou bees- en wildsbiltong klaar gesout wat jy self kan droog. Groente en vrugte direk vanaf die plaas sal ook te koop wees.
Experilab gee ‘n gratis vertoning en wys hul wetenskaplike eksperimente.
Die wenner van die skyfskietkompetsie gaan wegstap met ‘n windgeweer.
Kom smul aan pap en kaiings, sosaties en tusigemaakte lekkers of geniet ‘n koppie boeretroos in die teetuin. Wees vroeg daar en kom ruil jou rand vir ‘n pannekoek.

COMMENTS

ReviewCapricorn Voice BosveldBonusAutodealer.co.za
Top
Recommended Story x
Frills and pearls make a comeback

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Capricorn Review
Review Online


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other