Alta skets mooi toekomsprent

Alta Viljoen en die skets wat sy vir die onlangse CVO-skole Beeldkunskompetisie ingeskryf het. Dié tekening het baie goeie terugvoer ontvang.

POLOKWANE – Sy het ‘n skets van ‘n ou man wat klavier speel se hande ingestuur en baie goeie terugvoer ontvang. Sy het in die 80% vir haar tekening gekry en gaan later vanjaar aan die nasionale CVO-skole Beeldkunskompetisie deelneem. “Ek het op dié toneel besluit want daar is vir my niks met soveel karakter as ‘n ou mens se hande nie,” vertel sy.

Sy sê dat kuns iets is wat sy geniet en waarin sy uitblink, moontlik omdat albei haar ouers kunstenaars is, verduidelik sy. Alta beoog om na skool drama en kuns te studeer en een van haar gunsteling stokperdjies is om te teken.

Ondanks die tekening se detail sê sy dit het haar slegs ‘n uur geneem om te voltooi wat haar natuurlike slag met kuns ten toon stel.

riana@nmgroup.co.za

  AUTHOR
Riana Joubert
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Taxila Secondary flaunts newly designed uniform