Liefde is deel van ma-wees

Sorette van Heerden en haar kinders Miah en Jana.

MOKOPANE – Moedersdag is spesiaal daar om dankie te sê vir die vrou wat jou grootgemaak en gekoester het.

‘n Ma is die een wat kleintyd pleisters plak, toebroodjies maak, geduldig luister en planne beraam.

Onder haar vlerk luister sy na jou probleme, gee raad en lag julle saam.

Sy is ‘n sielgenoot vir haar man en kinders wat haar gesin bymekaar hou en onvoorwaardelik aanvaar en lief het.

Sondag word Moedersdag regoor die wêreld herdenk en dan word ma’s bederf met ‘n drukkie, geskenkie of ‘n lekker bord lekker gekookte of gekoopte kos.

“Ons ma het ons geleer om te gee sonder om te verwag, om onselfsugtig te wees en lief te hê sonder voorwaardes. By haar het ons geleer om nooit op te hou probeer nie. Sy is die mooiste mens wat ons ken. ‘n Sterk vrou met ‘n hart van goud en werklik een in n miljoen.” Amri Williamson en Janie van Vuuren oor hulle ma Wanda de Jong (middel).

“Die lekkerste van Moedersdag is om gepamperlang te word. Speel, lag en drukkies gee is als deel van ma-wees,” sê Sorette van Heerden wat haar twee spruite, Miah en Jana geniet.

“Ek is nes my ma, ‘n samejoor. Ek het my ma se slag met kinders geërf en so ook haar goeie sin vir humor,” sê Suné Janse van Rensburg. Haar sus, Lize, meen sy is net so pligsgetrou en lojaal soos haar ma. “Ons kan albei dodelik siek wees, maar werk sal ons gaan werk.”
Lize en Suné sê hulle deel ook hul ma, Daleen, se doelgerigtheid en is hardwerkend. “Ons kyk op na ons ma en het haar ‘supermom’ gedoop want sy doen 102 goed gelyk en laat dit maklik lyk. “

“Liefde en omgee vir mense is die mooi eienskappe wat ek van my ma geerf het. By haar het ek ook geleer om familiebande te koester en saam deel ons ‘n liefde vir kreatiewe kuns soos teken, verf en fotografie.” Zané de Wet oor haar ma Eulogia.

“My ma is my rolmodel. Sy is liefdevol en gee om vir mense en diere. Sy help graag en met haar kan ek lekker gesels want sy is ‘n goeie luisteraar. Sy het ‘n sagte hart en respek is vir haar belangrik. Ek sien ook al die eienskappe van haar in myself raak. ‘n Ma is daar vir haar dogter tot op ‘n sekere ouderdom en dan is ‘n dogter daar vir haar ma.” Annalize Steyn oor haar ma, Anne-Marie.

 

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

  AUTHOR
Charmaine Lourens
Editor - Bosveld Review

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

ReviewCapricorn Voice BosveldBonuslooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Next Story
[WATCH] Enter Sandra Khoza’s world of physics