Swemmers wys hul slag by SA kampioenskap

Immeré Botha, Ruben Glover en Zia Boltman.

MOKOPANE – Drie swemmers elk van Hoërskool Piet Potgieter (HPP) en Laerskool Krugerpark het van 9 tot 13 April in hulle Limpopo kleure aan die Nasionale SA Skole Swemkampioenskappe in Polokwane deelgeneem en nie teleurgestel nie.

HPP se swemmers het die volgende plekke in die finaal behaal:

• Raymond Kockott het in al sy items in die finaal geswem in die ouderdomsgroep 16 tot 17 jaar. Hy wen ‘n brons medalje in die 100 m vlinderslag en behaal ‘n sesde plek in die 50 m vlinderslag asook in die 200 m vryslag en ‘n vyfde plek in die 100 m vryslag.

Sy span verower ook ‘n silwer medalje in die 4×100 m vryslag aflos, asook ‘n silwer medalje in die 4×50 m vryslag aflos en ‘n brons medalje in die 4×100 m wisselslag aflos.

• Franco Botha was agtste in die 200 m rugslag seuns 14 tot 15 jaar en ook agtste in die 400 m vryslag vir seuns 14 tot 17 jaar.

Hy behaal ‘n negende plek in die 200 m vryslag vir seuns 14 tot 15 jaar. Hy was ook deel van die aflosspanne wat ‘n vierde plek in die 4×50 m wisselslag, asook 4×100 m wisselslag behaal het vir seuns 14 tot 15 jaar.

• Bernice Laboff was sewende in die 50 m borsslag en agtste in die 200 m wisselslag vir meisies 14 tot 15 jaar.

Bernice la Boff, Raymond Kockott en Franco Botha. Foto’s: Helena Kockott

Die Krugies het die volgende plekke behaal:

• Ruben Glover swem in die finale en behaal ‘n tweede plek in die 200 m rugslag, ‘n vyfde plek in die 100 m rugslag en 200 m borsslag en ‘n sesde plek in die 200 m individuele wisselslag.

Hy swem ook in die 4×100 m vryslag aflos waar sy span vierde kom. In die 4×100 m wisselslag aflos verower sy span ‘n vyfde plek en in die 4×50 m vryslagaflos ‘n sewende plek.

• Immeré Botha swem ook in die finale en behaal sewende plekke in die 100 m borsslag en 200 m borsslag. In die 4×100 m vryslag aflos behaal haar span ‘n sesde plek en in die 4×100 m wisselslag is hulle vyfde. Die span behaal ook in die 4×50 m wisselaflos ‘n vyfde plek en in die 4×50 m vryslag aflos ‘n sesde plek.

• Zia Boltman swem in die uitdunne en was 11de in die 50 m vlinderslag, 12de in die 50 m vlinderslag en 17de in die 50 m borsslag. Sy swem ook in die 4×100 m vryslag aflos en haar span verwerf ‘n spoggerige vierde plek.

Die swemmers bedank die Departement van Onderwys, Limpopo Aquatic en hulle afrigters vir hulle ondersteuning gedurende die kompetisie en oefensessies.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

  AUTHOR
Charmaine Lourens
Editor - Bosveld Review

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Oosskool se rugbytrots

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Capricorn Review
Review Online


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other