Veediefstal: abbatoir sekuriteit word opgeskerp

Die gesteelde beeste van Johan Uys wat by Limpopo Red Meat Abattoir in Mokopane gekry is.

MOKOPANE –  Johan Uys, ‘n boer van die plaas Doornfontein naby Zebediela, se beeste het op 7 April weggeraak.

Hy is twee dae later na die slagpale waar hy sy beeste opgespoor het net betyds dat hulle nie almal geslag word nie.

Volgens Klipspringer Vleismark se boekhouer, Dries Roodt, is die beeste in die middernagtelike ure by die slagpale afgelaai.

Die nodige dokumente is nie behoorlik voltooi nie en die trok waarop die beeste was se nommerplaat was vervals. Die selfoonommer op die dokumente bestaan ook nie.

Roodt sê sy skoonpa Chris Keet wat die eienaar van Klipspringer is, het op 9 April bewus geraak dat daar gesteelde beeste by die abattoir afgelewer is.

Hy het die beeste aan die brandmerk uitgeken en Uys gebel om sy diere te kom haal. Keet het glo ook die polisie en verkeersafdeling gekontak om te help met die identifikasie van die registrasienommer van die trok.

Uys sê egter Roodt praat nie die waarheid nie.

“Nadat my beeste weggeraak het, het ek self die abattoir gebel en gevra hulle moet kyk of daar nie gesteelde beeste afgelaai is nie. Ek het niks van hulle gehoor nie en het op Sondag, 9 April, na die slagpale gery om self ondersoek in te stel. My beeste was daar. Ek weet nie of hulle ooit die moeite gedoen het om te gaan kyk nie. Ek het die polisie gebel om die saak te ondersoek en het ‘n klag van diefstal gelê.”

Uys sê hy is later met sy beeste terug plaas toe.

“Roodt het my laat weet daar is een bees wat geslag is, wie se vleis ek moet kom haal. Hy het gesê hulle weet nie wie die beeste daar afgelewer het nie. Daar is baie prosedures wat volgens wet gevolg moet word om diere af te lewer by die slagpale. Hoe kan hulle sê hulle weet nie wie die beeste daarheen gebring het nie?”

Pine Pienaar, Bestuurder van die abattoir wou nie kommentaar lewer nie en het voorgestel Bosveld gesels met een van die direkteure. Charles Booysen, eienaar van Rainbow Butchery, en een van die direkteure, sê: “Die aantal veediefstalle in ons omgewing is vir my ‘n groot bekommernis. Ons hoor gereeld van beeste wat gesteel word en sommer langs die pad geslag word. Ek self het al deurgeloop toe een van my stoetbulle gesteel is.

Hy meen die arrogansie van die misdadigers gaan mens se verstand te bowe. Boere en sekuriteitsmense word dopgehou en minute na patrolies gedoen is, word vee gesteel. Ons sal van ons kant af ons strategie moet verander en veiligheid moet opskerp.”

Booysen sê ‘n PTZ Sisteem (pan-tilt-zoom) gaan by die abattoir se hek aangebring word. Die kantoor en sekuriteit sal ‘n kortlys kry van boere se kontaknommers sou enige verdagte vee afgelewer word. Hy wag nog vir terugvoering van die sekuriteitsmaatskappy oor die sekuriteitswag wat die dokumente verkeerd ingevul het. Hy meen die sekuriteitspersoneel moet ook behoorlike opleiding kry.

Booysen voel ook dat die werkslading van die veediefstaleenheid te veel is en hulle nie genoeg mannekrag het om ondersoeke vinnig op te volg nie.

Hennie de Vos, ‘n boer van in die Percy Fyfe-omgewing, sê: “Om diere by die slagpale af te lewer moet alle dokumente volledig ingedien word. ‘n ID moet getoon word. Voertuig registrasienommer, model, fabrikaat en tipe voertuig moet neergeskryf word. Die diere moet geïdentifiseer word deur die afleweraar .”

De Vos sê dat veediefstal in die Mokopane omgewing kommerwekkend is en die publiek sal hulle hande saamslaan as hulle weet wat in die bedryf aangaan.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

  AUTHOR
Mariëtte Roos
Journalist (Bosveld Review)

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Kaleidoskoop kom kuier in Mokopane

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Capricorn Review
Review Online


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other