Luggeweerskiet verg verskeie eienskappe

Luggeweer is 'n sportsoort wat nie werklik 'n ouderdomsbeperking het nie, maar dit verg wel baie toewyding en dissipline.

POLOKWANE – Dié sportsoort vind binneshuis plaas met verskeie tipes luggewere (windbukse) wat gebruik word, party met verstelbare skouer- en wangstutte.

Review het met Sane Moulder van die Hoërskool Pietersburg (PHS) skuts gesels oor dié sportsoort.

“Luggeweerskiet is ‘n duur sport omdat ingevoerde wapens en spesiale klere gebruik word. Dit is ook ‘n baie veeleisende sportsoort wat baie spesifieke karaktereienskappe en dissipline verg. Dit is juis oor hierdie redes dat ek aanbeveel dat kinders wie aan eers baie seker van hulle besluit moet wees voordat hulle die sportsoort aanpak,” verduidelik sy.

Luggeweerskietkompetisies word gewoonlik in beide sport- en presisieklas aangebied. Beide klasse skiet op klein enkelveldiagramme en daar word slegs een skoot per diagram geskiet.

Die puntestelsel bestaan uit 1 000 punte in totaal en skuts is verplig om aan twee afdelings, naamlik die 3P en 10 m Olipiese afdelings, deel te neem.

“Die skuts moet aan ‘n minimum van drie kompetisies deelneem en ook hulle mimimum kwalifiserende punt behaal om in aanmerking te kom vir die Limpopospan. Die kwalifiserende punt is slegs op die 3P kompetisie,” las sy by.

Elke provinsie ontvang jaarliks ‘n kwota skuts wat vanuit die provinsie aan die SA’s mag deelneem. Hierdie kwota word bereken op grond van die aantal geaffilieerde skuts van die provinsie.

Sane verduidelik dat daar verskeie eienskappe is waaraan ‘n goeie skuts moet voldoen. Dit sluit in om gedissiplineerd, intelligent, kalm en rustig van geaardheid, doelgerig en vasberade, georganiseerd, selfgemotiveerd, gehoorsaam en stiptelik wees.

“Skuts moet ook baie goeie konsentrasievermoë hê en onafhanklik van ander kan werk.”

Daar word aanbeveel dat kinders wat aan die sportsoort wil deelneem sekere dinge moet vermy omdat dit met hul beoefening van die sport tydens kompetisies kan inmeng.

Dit sluit in:

• Enige gaskoeldrank.

• Kafeïene.

• Te veel suiker voor en tydens ‘n kompetisie (suikervlakke word beïnvloed wat weer konsentrasie en bewerigheid beïnvloed).

Sane se raad aan skuts is:

• Eet ‘n ontbyt wat proteïene bevat ‘n uur voor jou kompetisie.

• Vermy baie vetterige kos voor ‘n kompetisie.

• Moenie aan hardloopspeletjies deelneem voor ‘n oefening nie.

• ‘n Doelgerigte skut kan net met harde en gereelde oefening sukses behaal.

• Talent speel wel ‘n rol, maar net baie harde werk bring sukses.

• Daag betyds op by jou oefeninge – dit is alreeds ‘n teken van goeie organisasie.

• Sorg dat jou geweer en toerusting altyd in ‘n goeie toestand is, maak gereeld skoon.

• Elke skut sorg vir sy eie, dra sy eie goed, pak self uit en ruim self op.

Indien daar mense is wie in dié sportsoort belangstel kan hulle ‘n e-pos aan Sane by sanemoulder@gmail.com stuur vir meer inligting.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

  AUTHOR
Riana Joubert
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
PHS eindstryd geskiedenis

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Capricorn Review
Review Online


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other