Afgesny vir KANSA

Franzelle van Heerden (11) het haar lang hare laat afsny en aan Kansa geskenk.

POLOKWANE – Dié 11-jarige leerder van Laerskool Piet Hugo het besluit om haar hare te skenk sodat dit gebruik kan word om pruike te maak vir mense met kanker, wie se hare uitval vanweë die chemoterapie.

Franzelle se hare voor sy dit afgesny het.

Kansa Polokwane Gemeenskaps-mobiliseerder, René Robberts, het as deel van die Kansa Shavathon besoek by Franzelle se skool afgelê op 8 Maart waar sy meestal net die kinders en personeel se hare met kleurvolle haarsproei gespuit het.

Franzelle het egter besluit om ‘n stap verder te gaan om die Shavathon te ondersteun deur haar hare te laat afsny.

“My oupa het borskanker en my tannie het ook kanker gehad wat die dokters uitgesny het. Hulle hare het nie uitgeval nie, maar ek het tog steeds besluit om my hare aan Kansa te skenk vir die mense wat se hare wel uitval,” vertel Franzelle.

Haar hare het tot onder haar skouers gehang, en sy vertel dat van die kinders in die skool vir haar gelag het nadat haar hare afgesny was maar sy het doodeenvoudig net vir hulle gesê hulle “was jaloers”.

“Ons het ongeveer 27 cm se hare afgesny en ons is onbeskryflik dankbaar vir Franzelle se skenking. Die hare gaan gebruik word om ‘n pruik te maak vir pasiënte wie hul hare as gevolg van chemoterapiebehandeling verloor het,” vertel René.

Franzelle sê haar plan is om nou haar hare baie langer as voorheen te groei, en dit dan weer te skenk.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

  AUTHOR
Maretha Swanepoel
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

ReviewCapricorn Voice BosveldBonusAutodealer.co.za
Top
Next Story x
Local IT man expected to make a full recovery

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Capricorn Review
Review Online


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other