Jarrod reik na sy rugbydroom

Jarrod Kenmuir vertel hy dat rugby deur sy are vloei.

POLOKWANE – Jarrod Kenmuir was verlede jaar nog ‘n gr. 12-leerder aan Curro Heuwelkruin waar hy vir die eerstespan uitgedraf het. Gedurende sy eindeksamen het hy saam met een van sy vriende by die Dendron Rugbyklub, nou bekend as die Pietersburg/Dendron Rugbybklub gaan oefen, en dis waar die klubrugby-gogga hom gebyt het. Met die afskop van die 2017 rugbyseisoen, het hy proewe gaan speel vir die Pietersburg/Dendron rugbyklub se sewesspan.

“Dit was baie moeiliker as wat ek gedink het. Ek was beslis nie fiks genoeg nie en het soos ‘n stoomtrein geblaas. Rugby is iets wat ek vreeslik baie geniet, want dit is iets wat ek saam met my vriende doen. Om te wen is natuurlik die kersie op die koek.

“Wanneer jy egter in ‘n finaal speel en jou span is met ‘n paar punte agter, raak die manne soms moeilik met mekaar op die veld, en dit is iets wat moeilik is om te hanteer.”

Hy vertel dat hy op skool, hokkie, krieket en ringbal gespeel het. Hy voeg vinnig by dat hy ook geswem het, maar, soos hy dit stel, is hy gebore met rugby wat deur sy are bruis, dit is waarom hy dié sport nie sommer sal verruil nie.

“Ek glo dat jy selfs tydens oefening jou beste moet gee. Hoe jy oefen bepaal hoe jy speel. As jy voluit oefen, gaan jy voluit speel in ‘n wedstryd.”

Hy sê dat as hy nie nou span kry nie, dit nie die einde van die wêreld is nie. Dan probeer hy weer.

Hy ondersteun die manne in die streeptruie van Nuweland (Stormers) en sy rugbydroom is om eendag ‘n afrigter te wees.

“Om sewes te speel is anders as om in ‘n 15-man rugbywedstryd te speel. Bo en behalwe dat dit vinniger is, moet jou konsentrasie vermoë ook baie skerp wees.

“Jy moet baie fiks wees, want daar is net sewe spelers op die veld. Ek kan nie kies tussen sewes en 15-manrugby nie, ek geniet altwee. My raad aan ander spelers is om hard te werk en jy sal die vrugte pluk.”

 

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

  AUTHOR
Maretha Swanepoel
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

ReviewCapricorn Voice BosveldBonuslooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Next Story
Eagles Cricket Club celebrates a decade on the pitch