Booswigte rig visier al meer op skole

Skole in die stad gaan gebuk onder 'n vlaag inbrake tans. Nie net word daar ingebreek nie, maar kantore en klasse word ook geplunder.

POLOKWANE – Die hoof en personeel van Laerskool Pietersburg sit met hul hande in hul hare na nog ‘n inbraak by dié skool.

Skoolhoof Peet Bredenkamp het aan Review gesê die vlaag inbrake waaronder die skool die laaste paar maande deurloop is kommerwekkend.

Die skool het reeds nege sake van diefstal by die polisie aanhangig gemaak, maar niemand is nog vasgetrek nie.

Volgens Bredenkamp verkry boosdoeners toegang tot die skool deur bloot oor die heining te klim.

Die skool het reeds die hulp van die Gemeenskapspolisiëringsforum ingeroep, maar ook dit is nie genoeg om die diewe te stuit nie.

Behalwe vir die verlies aan diefstal, is die skade wat aangerig word ook opmerklik.

“In die laaste inbraak is daar uit een klas meer as 20 tafels en stoele gesteel. Die skool het nie eers meer waaiers in die klasse oor nie. Die skade wat aangerig word is ook iets wat ons as skool moet regmaak en die koste daarvan moet dra.

Die regmaak van gebreekte vensters en ander skade jaag die skool toenemend meer uit die sak, aldus Bredenkamp.

“Buiten vir die skool en staat se eiendom wat gesteel word, is daar ook van die personeel se eiendom wat gesteel word omdat hulle items soos verlengingskoorde skool toe bring. Dit maak almal negatief en die polisie kom nie met enige hulp na vore nie,” vertel hy.

Laerskool Pietersburg is ‘n staatskool en die opskerping van die skool se veiligheid sal na raming R500 000 kos, ‘n uitgawe wat bloot nie haalbaar is nie.

Volgens Bredenkamp dra werkloosheid waarskynlik by tot die probleem.

“Mense is werkloos en honger, en sal enige iets doen om geld te kry, ook vir dwelms. Ons as skool is nie verantwoordelik vir die handhawing van wet en orde nie, maar ons loop deur. Ons wag bloot vir die volgende aanslag,” vertel hy.

Die polisie in die stad blyk ongeëerg teenoor die vlaag inbrake by die skool.

Review het met die polisie se Polokwane-woordvoerder, AO Lesiba Ramoshaba, gesels, wie onbewus was van die inbrake ondanks die talle saaknommers wat aan hom verskaf is.

Sy antwoord was bloot dat patrollie in die stad “opgeskerp” word en dat die gemeenskap sake moet aanmeld asook die polisie verwittig indien hulle van misdaadbedrywighede kennis dra.

“Die mense wat die misdrywe pleeg is bekend aan die gemeenskap. Die mense wat inligting het rondom die beplanning en uitvoering van hierdie dade, moet met inligting vorendag kom,” het Ramoshaba gesê.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

  AUTHOR
Riana Joubert
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

ReviewCapricorn Voice BosveldBonuslooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Next Story
Easter joy at Share Joy

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Capricorn Review
Review Online


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other