Diereslagting laat die wenkbroue lig

DAAR is dit nou amptelik, Suid Afrikaners is die grootste alkoholverbruikers in Afrika.

Die gemiddelde hoeveelheid suiwer alkohol wat ons per jaar in die bevolking vir almal 15 jaar en ouer opslurp, staan op 11 liter – oftewel die ekwivalent van net so effens oor twee sopies whisky per kop per dag. Ek het nooit kon dink dat 15 jariges so kan suip nie!

Hoor ek ‘n paar stoere dop-en-dam drinkers mor dat ons as kontinentale wenner net sowel vir die wêreldrekord kan gaan?

Eers was dit renosters wat vir die Oosterse mans se bedmaratons uitgewis word. Nou kom leeus en donkies ook aan die beurt, terwyl perlemoen alreeds tot feitlike uitwissing gestroop is.

Die 800 leeugeraamtes wat blykbaar nou na Sjina toe uitgevoer gaan word, is bedoel om vervalsde tierdrankies daar anderkant te maak. Die donkies egter? Ek het altyd geweet die donkie is ‘n wonderlike ding, volgens die ou liedjie, maar dat hul velle nou blykbaar die beste gelatien maak, is vir my ‘n nuutjie. Ongeveer 1,8 miljoen donkies word glo per jaar daarvoor in Sjina geslag; beide vir hul velle en vir medisyne en vir laasgenoemde om lekker sterk te wees, moet die arme diere glo lewendig afgeslag word.

Kyk, ‘n donkie sal selfs op wind vet word. Miskien het ons nou die ideale uitvoerproduk vir al daardie mislukte grond toe-eieningskemas van die ANC gevind. Boer met donkies daarop, ou swaer, want hulle het geen sorg nodig nie. Daar is dan nie karkasse van verhongerde diere om te verbrand of te begrawe nie. En ook geen politieke ampsdraers wat deur die DBV hof toe gesleep moet word weens verwaarlosing van hul diere nie, soos naby Ventersdorp aan’t gebeur is.

En die verminking van diere terwyl hulle nog leef, skep ook nie ‘n probleem nie. Daarvoor is daar al te veel op vermoorde boere en hul gesinne

geoefen. Laas nog is ‘n ou omie in Natal se voetsole afgeslag.

Sjina beskik reeds oor byna die helfte van die wêreldbevolking. Waarom het hulle dan nog renoster of leeu of donkie Viagra nodig? Kyk ek so om my rond, dan lyk dit mos of ‘n beduidende deel van die Sjinese bevolking reeds hul weg na SA gevind het. Watter politici is dit nou weer wat so hand op die blaas met die Sjinese verkeer? Pasop, een van die dae word die laaste drie renosters, paar leeus en die oorblywende donkies sommer hier in Suid Afrika opgebruik.

Dat ons diere nou uitgewis moet word vir ‘n ander land se Jakob Regops? En as al die renosters en leeus en donkies en perlemoen nou op gestroop is, wat is volgende aan die beurt? Ek kan ‘n paar korrupte politici aanbeveel.

Nou wonder ek egter wat word van al daardie dooie donkies en leeus se vleis? Om ‘n vel of geraamte te kan kry, moet daar mos iewers ‘n karkas agterbly. Miskien moet ons maar mooi kyk hoe ons Chinese takeaways in die toekoms lyk – soos in Europa waar hulle agtergekom het dat sekere maalvleisprodukte meer perde- as beesvleis bevat.

Dus, verwag om heel ernstig iewers vorentoe by ‘n toonbank gevra te word: “Meneer wat wil jy saam met jou noedels bestel? Wat van bees, vark, leeu, donkie of ‘n snuifie verpoeierde renosterhoring”.

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

ReviewCapricorn Voice BosveldBonuslooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Next Story
The shoes make the runner – Deon Jewaskiewitz