Waar jy vreeslike grillerige gediertes kan kry

Foto: yourbugman.com

Ek is nou nie JK Rauling nie, al wens ek ek was.

Maar ek kan vir jou vertel waar om vreeslike grillerige gediertes te kry: in my huis. Dis nou nie ‘n tiener wat aardige goggas in gals kassies versamel nie (Ek weier. As jy nie jou troeteldier op die mond kan soen nie, mag jy hom nie aanhou nie!) Nee, dis alles wat uitbroei en inkruip die oomblik dat my man sy voete by die plaashek uitsit met ‘n oornagtassie in die hand.
Toe ons destyds bosveld toe getrek het, het so ‘n windtie klein mannetjie met ‘n te stywe broek vir my vertel: “In die bosveld het jy altyd moeilikheid: in die somer trap die goggas jou dood en in die winter trap die vriende jou dood.”
Dit was ware woorde. Ons is gewoond aan die een of ander goggaplaag elke jaar. Een jaar was dit Rooinekkies, ‘n aaklige lang gogga met ‘n bloedrooi neksegment wat jou blasé brand as enige van sy souse aan jou raak. Een jaar was dit piep klein swart stinkgoggatjies wat soos aanbrandsel selfs in die vla geklim het. Of groot groen stinkgoggas wat ons in emmers vol onder die buiteligte opgevee het. Een jaar was dit koringkrieke. Dis vir my die verskriklikste. Hulle sit soos miniatuur zombies bewegingloos op alles so asof hulle die huis in ‘n ingewikkelde krygsplan wil omring. En as jy dink jy le veilig onder die lankens want daar’s siwwe voor die vensters, skree een daar bloedstollende hoe skree.
Ek hou niks van goggas nie. Daardie saamgestelde oe, eksoskelet en wriemelende pote gee my grillings oor my hele lyf. Ek maak hulle nie eers graag self dood nie, te bang ek mis en iets spring op my. My hele gesin is uiters allergies vir blikkies gif en daarom is ons ‘n ozoon-vriendelike giflose sone. Ek kan dus ook niks bespuit nie.
Soos ek se, weet die grillerige inwoners van my deel van die Bosveld wanneer die baas van die plaas nie daar is nie.
Op ‘n keer moet ek, hoog swanger, alleen by die huis bly net bewapen met ‘n gemmer kat. Net toe die dag daal, hardloop daar ‘n harige rooi roman of jaagspinnekop onder die bed in. vir ure wag ek en die kat vir Ta om uit te kom.Op ‘n stadium gee ek op en stap kombuis toe. In die hoek van die gang bo teen die donker plafon sien ek iets sit. Natuurlik is daar geen flits te vinde nie. Ek besluit ek sal my nie langer terroriseer nie en gaan soek iets om te spuit. Ek Kry ‘n ou blikkie gif, en spuit die arme ou diertjie dat dite sous van hom afdrup. Toe hy land, slaan ek met die skoen. Tegelyk met die val van die eerste hou, sien ek die ou geitjietjie.
Terug in die kamer voel ek soos ‘n hond. Net toe jaag Gemmer die spinnekop tussen my voete deur, Maar toe slaan ek hom dat sy wile afval.
Manlief is die week alweer weg. Met ‘n klomp gille, vind ek uit daar is ‘n bobbejaanspinnekop in die kombuis. Gewoonlik vang my man hulle en gaan laat hulle iewers ver van die huis af vry. Kat en kinders jaag die ding onder die yskas in. teen slaaptyd is meneer in my jongste se kamer en hulle kry so ‘n skrams hou in. Die keer is daar geen gif in die huis nie. Die volgende more, wag hy vir my voor my kamer deur. Ek gil en keer ‘n asblik bo-oor hom om. Niemand wil help vang of vermoor nie. Ek se maar niks oor bangbroeke nie, want ek is die grootste een van almal. Gelukkig ook maar, want gisteraand slaan my jongste ‘n slangetjie in die eetkamer met ‘n hokkiestok dood!
Nou kan pa maar nog ‘n week wegbly, ons het hulle!

  AUTHOR
Elana Greyling

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Soos ‘n vis uit die water