Ontstoke inwoner sê: ‘Dink voor jy drink’

Foto vir illustrasie.

MOKOPANE – “Ons almal veg om te oorleef in baie moeilike tye, ons veg vir ons regte, selfs die reg van ons taal, ons kultuur, geloof en vir ons volk. So kom ek praat met jou, mnr. die dronkdrywer.

“Ons ken mekaar goed, ek weet jy drink basies elke dag van jou lewe, ek stop gereeld by jou langs die grondpad na Maribashoek en hoeveel keer gewaar ek ‘n koelhouer in jou bakkie? Jy gaan nugter uit kleinhoewe toe en kom dronk terug.

“‘n Menigte van ons beleef jou gedrag, meng nie in nie, maar Saterdagaand het jy dit te ver gevat. Die aand waar jy my en my vrou se lewens in gevaar gestel het. Ek en my vrou was op pad dorp toe vanaf die Planknekkleinhoewes toe ons jou bakkie van agter sien aankom teen ‘n hengse spoed.

“Jy het net betyds vir ons uitgeswaai en verby gejaag en dit het reeds my bloeddruk opgestoot. Toe ons om die draai kom het jy byna gestop om my te keer. Ons kon jou raakgery het. Ek het kop gehou en vir ‘n tweede keer het ek jou wangedrag laat vaar, maar toe jaag jy ons weer in, net om spoedig weer uit te swaai. Jy het ons by Obaro se T-aansluiting ingewag, uit jou bakkie gespring en op my afgestorm.

“Regtig, jy loop twee rye spore en dan wil jy my kom aanvat? Ek het myself verdedig en al wat ek by my gehad het was traangas, wat in my vrou se kar was vir selfverdediging.

“So wat was my ander opsies, n vuisgeveg? Nee, onnodig. Wat nog, met jou te probeer praat? Almal weet om met ‘n dronk man te probeer redeneer, is tevergeefs. Die gevolg ek het jou met die traangas gespuit in selfverdediging.

“Wat egter kommerwekkend is, is die feit dat jy ‘n 30.06 geweer by jou in die bakkie gehad het terwyl jy dronk was.

“Jy het my daarvan vertel, was dit n dreigment? Ek hoop nie so nie want jy sal jou lisensie verloor. Dit is vir my ironies dat ons gereeld moet hoor dat die lede van die buurtwag glo dink hulle is baas, maar eintlik in ‘n tyd wanneer geweld die oorhand het in ons land, kyk ons uit vir mekaar, maar ons is nie bo die wet nie.

“Ons respekteer gesag en dit is juis hoekom ons bestaan en ook hoekom ek die polisie ontbied het om jou te kom toets vir dronk bestuur.

“Talle getuies het jou gedrag gewaar em jy het ons egter gesmeek om jou te laat gaan want jy wil nie in hegtenis geneem word nie. Jy het ons oortuig jy het ‘n groot fout gemaak en jy het verskoning gevra.

“Ons het jou ‘n kans gegee en selfs agter jou aangery om jou veiligheid te verseker. Nou hoor ek vandag ek het jou swak behandel, dalk moet jy jou vrou vertel wat het werklik gebeur, want ek het baie getuies.

“So wat nou? Ek leer my les en sal nie weer ‘n dronklap ‘n kans gee nie. Ek wou jou nie in die tronk laat slaap nie, tog wil jy vir jou vrou lieg oor jou slegte gedrag.

“Niemand van ons is bo die wet nie, maar van ons is moeg vir spoedvrate en dronkbestuurders. Respekteer jou mede bestuurders. Kan jy werklik nie verantwoordelikheid vat vir jou dade daardie aand nie? Is jy regtig die slagoffer? Road rage is gevaarlik, dink mooi voor jy so uit jou kar spring en ander wil aanvat, jy weet nooit in wie jy vasloop nie.

“Dink voor jy drink en weet daar is nou ‘n hele paar oë op jou. Neem die onskuldige bestuurders, wie se lewens jy in gevaar stel, op die pad in ag.”

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

ReviewCapricorn Voice BosveldBonuslooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Next Story
Argument results in fatal shooting