Kerkraad waarsku die wat wet oortree

Die Nederduitsch Hervormde Kerk gemeente Potgietersrus.

MOKOPANE – “Die gemeente bestaan reeds 94 jaar.

Die leer wat hier verkondig word, is die suiwere Woord van God, soos vervat in die volgende

beleidenisgeskrifte: Heidelbergse Kategismus; Nederlandse Geloofsbelydenis en Dordtse Leerreëls.

Drie jaar gelede het ‘n groep voormalige lidmate van gemeentes uit die NHKA weggebreek van die NHKA. Hulle staan bekend as steedsHervormers; Hervormde Gemeentes onafhanklik en Geloofsbond van Hervormde gemeentes.

In Januarie is hier plaaslik die Ysterberg gemeente gestig. Hierdie persone het geen verbintenis meer met die NHKA of die Potgietersrus of Piet Potgieter gemeentes in die dorp nie.

Tans word daar deur lidmate van die nuutgestigte Ysterberg gemeente fondse ingesamel op briefhoofde wat die naam van die Hervormde Kerk vertoon. Die versoek tot donasie word verder gemotiveer met die onwaarheid dat die Hervormde Gemeente Potgietersrus gaan toemaak[sic].

Die naam Hervormde Kerk is ‘n geregstreerde naam wat aan die NHKA behoort. Enige persoon wat dus die Hervormde Kerk se naam gebruik, oortree die wet.

Die Kerkraad van NHKA Gemeente Potgietersrus distansieër ons van hierdie moedswillige en kwaadwillige optrede van diegene wat hulle daaraan skuldig maak. Ons wil die publiek inlig en vermaan om versigtig te wees.”

Enige navrae kan gerus gerig word aan ds. Hennie Nel by 082 922 9000.

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Is dagga ‘n oplossing?